Archive | Artikels deur Christien

Moedertaal

Hoekom is mense so onseker oor taal? Hoekom nog wonder of jou huistaal die regte taal is om jou baba in groot te maak? En later as skooltaal te kies? My ervaring as terapeut is dat ouers doodbang is dat hulle die kind sal benadeel as hy in enigiets anders as Engels grootgemaak word. Die […]

Continue Reading

n Man soos Max

“Ek sal terugkom vir ‘n man soos Max,” sê Tilde en spin die slaaiblare droog. “Vir geen ander rede nie.  Hierdie pak slaaiblare is ‘n perfekte voorbeeld. Glo klaar gewas. Maar met die oopmaak kry ek ‘n vet groen ruspe daarin. As dít in Londen moes gebeur..!” Sy laat die sin in die lug hang. […]

Continue Reading 3

101 nagte

Hoe lank is 101 nagte? Baie lank. Veral as dit 1979 is, jy in grys Parys sit, hy in sonnige Pretoria en dis dekades voordat selfone ’n werklikheid sou word. Ons was al drie jaar gekys toe hy voor die koshuis in die toegestoomde Renault vir my sê: “Ek gaan met jou trou, maar nie […]

Continue Reading 4

Krisimiskat

Kietekat jou slim katater Katastrofes kom wel later… So begin een van Philip de Vos se versies.  ‘n Vrolike eerste lyntjie, met ‘n waarskuwing in die tweede.  Miskien moes ek dit ernstiger opgeneem het toe Geelkat se Desembervakansie ‘n kwessie raak.  Dit sou die gemmerkat se tiende alleen-Kersfees wees.  Want sedert hy as ‘n skreeumaer […]

Continue Reading 1,483

Wat maak oom Kallie daar?

Ons het ‘n vriend, ‘n baie tawwe ou. Altyd so ‘n driedagbaard, skouers soos ‘n stoeier en ‘n permanente frons. Aantreklik op ‘n ruwe manier:  So ‘n getimmerde George Cloony.  Ou Kallie.  Hy was op sy dag ‘n reccie.  Snotkoppe wat nie weet wat ‘n reccie is nie, kan maar enige ou met so bietjie […]

Continue Reading 18

Spelling is belangrik!

Gerda is ‘n terapeut in murg en been. Sy wy haar lewe aan kinders wat sukkel om te spel. Vir vrot spelling by ‘n grootmens het sy glad nie tyd nie. Haar liewe man, Johannes, is ‘n handige ou met ‘n klein ingenieurswerkswinkel by hul huis. Dis fisieke werk en soms het hy ekstra hande […]

Continue Reading 60

‘n Lisensie om te moor

As  Rompslomp Raserny ‘n Olimpiese item was, dan het ‘n paar van ons al seker gekwalifiseer vir ‘n eindrondte. Rompslom Raserny?  Dis my vertaling vir Red Tape Rage, Admin Angst, Papierwerk Woede.  Dis daardie ding wat jou wil laat moor in ‘n wagtende tou, wat ordentlike mense laat vloek.  My liewe, geduldige kollega voel sy […]

Continue Reading 19

Engel in n pelsjas

Drie jaar gelede kontak ‘n dokter van MSF my: kan ek ‘n dogtertjie uit die DRK evalueer?  Sy is drie jaar oud, maar praat glad nie.  Hulle gaan haar en haar gesin van Kinshasha na Johannesburg vlieg en soek na ‘n Franssprekende spraakterapeut se dienste.  My verskoning dat my Frans vér van perfek is, tel glad […]

Continue Reading 16

So hoekom moet ek lees, huh?

“Lif ju baja”, lees die teksboodskap.  En haar oë straal: haar Romeo het pas ‘n liefdesverklaring gemaak, ‘n gedig geskryf en ‘n minnebrief gestuur. En miskien is dit hier waar die knoop lê.  Daar is ‘n reuse kloof tussen die twee realiteite waarmee jongmense gekonfronteer word, naamlik die tegnologie en die akademie.  Die sinne wat […]

Continue Reading 267