Die Vloekwoord: Info oor die kortverhaal deur Christien Neser

Die Vloekwoord. ‘n Kortverhaal opgeneem in IEMAND WAT VERDRINK, uitgegee deur LAPA, samgestel deur Fanie Viljoen

Die Vloekwoord - Kortverhaal deur Christien Neser Die Vloekwoord is die verhaal van ‘n tiener wat hakkel. Vir hom is die ergste vloekwoord denkbaar die woord ‘Mondeling.’ As die onderwyser aankondig dat hulle vir ‘n mondeling moet regmaak, dan sorg hy dat hy siek word. Hy doen enige iets om die mondeling mis te loop. Hy het al tot ‘n pak Brooklax gedrink. Maar iemand in die klas sien sy penarie. Dis Bekkie, die oulike snipsuster van Donovan. Sy trap hom vas en daag hom uit om sy hele mondeling te kletsrym. So saam met die ritme van die rap is sy toespraak toe heeltemal vlot en ‘n reuse treffer onder sy klasmaats.
Hoekom hierdie verhaal? Ek is as Spraakterapeut opgelei en het al met handevol tieners gewerk wat ‘n spraakprobleem, soos hakkel, het. Dit kan vir party ‘n struikelblok raak wat hul persoonlikheid aan bande lê. Met die verhaal wou ek bewustheid by kinders kweek oor ‘n spraakprobleem soos hakkel. Terselfdetyd is dit ‘n uitdaging aan elke hakkelaar: omhels jou probleem, moenie daarvan wegskram nie. Doen wat jy kan om jou vlotheid te verbeter, maar maak vrede met die probleem. As jy kan, kry ‘n spraakterapeut wat die pad saam met jou kan stap.

, , ,

Comments are closed.