Oor Christien

Al die kleure van boeke, taal, familie en fietse...!

Christien het grootgeword op Bloemfontein en Pretoria.  Sy woon tans saam met haar man in Sandton.  Sy het ‘n  BA graad in Spraakheelkunde, Hons graad in Frans en M in Toegepaste Linguistiek (UJ).

Die drie kinders, soos op die foto, is Michael, Louise en Chris.  Michael het pas ‘n Meestersgraad in Internasionale Besigheid in Frankryk gedoen, Louise ‘n MA in Vroee Kinderontwikkeling by die University of London en Chris sy CA by Stellenbosch.  Chris is getroud met Hanneri, ook ‘n CA.  Die twee honde is Nushka en Jan.

Christien werk deeltyds as Spraakterapeut en skryf tussendeur.  Naweke ry die gesin graag fiets.  Met hul padfiets-tandem het hulle al meeste van die groot wedrenne in die land gery, maar ook die Tour de France in 2014 gevolg!  Met die bergfiets-tandem is hulle al oor die Swartbergpas tot in die Hel en terug!  Christien se ander storkperdjie is Frans:  Sy neem sedert skooldae Frans en gaan steeds weekliks vir gespreksklas.