#07 Middernagklub

En eindelik is dit tyd vir die heel laaste middernagfees van die Middernagklub.  Want dis sulke tyd:  Witbaadjietyd.  Die prefekte vir die volgende jaar word binnekort gekies.  En al het Elle en Refi mekaar hand en mond belowe dat hulle ‘n veer voel om prefekte te word, het alles verander.  Die nuwe witbaadjies word deur ‘n oudleerling ontwerp:  Die befaamde New Yorkse ontwerper, Stella Maas.  Die naels is uit:  Dis ‘n volskaalse oorlog om die Lys van Dertig te haal.  Intussen is die Nagadders ook op die toneel…  Hulle vang onmoontlike goed aan en krap Elle se lewe lelik om.  So land Elle en haar vriendinnne op Thaba Thula vir ‘n leierskamp.  Nee, ‘n militere kamp, met ‘n Russiese instrukteur wat sorg dat elke meisie moet veg om oorlewing.  En wat sou van Alex geword het?  Waar swerf hy rond en sal hy betyds wees om Elle uit ‘n onmoontlike penarie te red?

KOOP AANLYN

Beskikbaar by alle groot boekhandelaars en in E-boek formaat (Lapa uitgewers).

TERUG NA DIE ELLE REEKS