Sweef

Sweef is ‘n bundel kortverhale, saamgestel deur Adinda Vermaak.  Al die verhale in Sweef het een ding gemeen – dit is spesifiek gefokus op tieners en hul belewenis van die wêreld.  Daar is stories wat jou sal laat dink en droom, stories wat jou sal laat ril en raai, en bowenal stories wat jou sal laat … sweef.

Christien is verantwoordelik vir die verhaal met die titel Optelgoed.  Dit gaan oor ‘n meisie en haar oupa wat sy spraak verloor het weens ‘n beroerte.  Sy vind uit dat haar oupa baie slimmer is as wat sy dink en selfs sonder woorde die een is wat haar verstaan.

KOOP AANLYN

Beskikbaar by alle groot boekhandelaars en in E-boek formaat (Lapa uitgewers).

TERUG NA ANDER BOEKE