#08 Pienk bikini

pienk bikini Elle

Matriek. Die woord gee Elle ’n knop in haar keel. Nog net twee weke van eksamen, en dan is hulle amptelik matrieks.

As hoofmeisie gaan daar ’n groot verantwoordelikheid op Elle se skouers rus. Sy en die ander leiers gaan die gees van Gravitas bepaal.

Elle weet die skoolhoof, mevrou Bender, gaan haar met ’n valkoog dophou. Elle is nie eens seker of sy dit verdien om hoofmeisie te wees nie. Dalk moes die keuse eerder op Shia geval het – sy is immers sterk, slim en super-sportief. Boonop is Shia se ma oortuig dat haar dogter die hoofmeisiebaadjie moet te dra en as Elle dit sou waag om ’n voet verkeerd te sit, sal Shia dadelik haar plek inneem.

Ten spyte van haar eksamens en vrese oor Alex wat nie van hom laat hoor nie, raak Elle betrokke by die kinderhuis, Kaya Kumba. Laasgenoemde blyk uitputtend te wees.

Kort voor lank het Elle egter groter probleme toe ’n verspotte modderstoeigeveg by die kinderhuis (en parmantige pienk onderklere) onverwags groot nuus word. Skielik lyk dit asof net ’n wonderwerk sal verhoed dat Elle haar hoofmeisiebaadjie verloor!

Christien Neser se reeks tienerboeke oor die wel en wee van Elle Kroon is baie gewild, met selfs volwasse lesers wat nie kan wag om elke nuwe Elle-avontuur te verslind nie. Die agtste boek in die reeks beloof om net so skreeusnaaks, aweregs en romanties soos sy voorgangers te wees.

KOOP AANLYN

Beskikbaar by alle groot boekhandelaars en in E-boek formaat (Lapa uitgewers).

TERUG NA DIE ELLE REEKS