Dis nou ‘n hele vet leesplesier, soos om ‘n hele blik kondensmelk alleen op te eet. Omnibus 1: Kondensmelk, Koshuiskoffie, Blou Sjokolade Dis ideaal vir 12/13 plus. Kondensmelk. Ons ontmoet vir Elle op ‘n stowwerige kampterrein in Botswana. Sy is ‘n bedorwe privaatskoolbrokkie van Johannesburg, dood van verveling met haar ouers se idee van kampeer, […]
Author Archive | Christien Neser
Die Vloekwoord: Info oor die kortverhaal deur Christien Neser
Die Vloekwoord. ‘n Kortverhaal opgeneem in IEMAND WAT VERDRINK, uitgegee deur LAPA, samgestel deur Fanie Viljoen Die Vloekwoord is die verhaal van ‘n tiener wat hakkel. Vir hom is die ergste vloekwoord denkbaar die woord ‘Mondeling.’ As die onderwyser aankondig dat hulle vir ‘n mondeling moet regmaak, dan sorg hy dat hy siek word. Hy […]
AGHS: Afrikaans.com gesels met Christien Neser
“Die kind het miere in sy agterwêreld! Hy kan eenvoudig nie vir langer as ’n paar minute op sy boude stilsit en op een ding konsentreer nie.” Klink bekend? Is die kind bloot stout of verveeld, of is daar ’n ander rede vir sy woeligheid? En wat van die vergeetagtige dromertjie? Glad nie woelig nie, […]
Outisme: n Wye spektrum met verskillende simptome en ervarings.
“Ons is nie almal dieselfde nie, soortgelyk maar nie identies nie.” – Emile Gouws, ambassadeur vir outisme en self op die spektrum. Die Amerikaanse vereniging, Autism Support Network, se slagspreuk is: “Autism is not a disability, but a different ability.” Om die rede behels outisme ook nie bloot n eenvoudige en vinnige diagnose en siedaar […]
Boekresensie: Help! My kind is anders
Titel: Help! My kind is anders Outeur: Christien Neser Uitgewer: LAPA Uitgewers ISBN: 978-0-7993-9629-4 Help! My kind is anders deur Christien Neser Hierdie broodnodige opvoedkundige selfhelpboek hoort op elke ouer, onderwyser en terapeut se rak en is gerig op “diegene wat op ’n ontdekkingstog saam met hul voorskoolse kind is en rigtingwysers langs die plek […]
Moedertaal
Hoekom is mense so onseker oor taal? Hoekom nog wonder of jou huistaal die regte taal is om jou baba in groot te maak? En later as skooltaal te kies? My ervaring as terapeut is dat ouers doodbang is dat hulle die kind sal benadeel as hy in enigiets anders as Engels grootgemaak word. Die […]
Onderhoud met Christien Neser oor nuwe boek “Strikdans”
1. ‘Strikdans’ – die negende boek in die Elle-reeks – het pas verskyn. Wat is vir jou die heel lekkerste deel daarvan om die reeks te skryf? Op ’n manier hou ek met die reeks my eie en my kinders se tienerjare lewend. Mens delf tog maar in jou eie ervarings rond. En op ’n […]
Leserresensie – “Juggling act of life” blogskrywer
Hier volg n heerlike leserresensie deur blogskrywer “Juggling act of life”: If one good thing came out of my inactivity after my little accident, it is the reading. I have read more books in the last 3 weeks than what I usually read in about 2 months. So I have lots to talk about on […]
#8 in die Elle reeks is oppad in Januarie 2017!
Die nuwe Elle is oppad. Die agste en dikste een in die reeks verskyn in Januarie, net betyds om jou terug-skool-toe-depro op sy kop te draai. Pienk Bikini. Mmmm. Wat vang Elle en haar vriendinne hierdie keer aan ? Hier is die bestanddele van die storie: Een hoofmeisie, wat nog probeer om haar voete te vind […]
n Man soos Max
“Ek sal terugkom vir ‘n man soos Max,” sê Tilde en spin die slaaiblare droog. “Vir geen ander rede nie. Hierdie pak slaaiblare is ‘n perfekte voorbeeld. Glo klaar gewas. Maar met die oopmaak kry ek ‘n vet groen ruspe daarin. As dít in Londen moes gebeur..!” Sy laat die sin in die lug hang. […]