Resensie Duinebesies

Galileo Books was bevoorreg om te kon deel wees van die bekendstelling van Duinebesies, die nuutste jeugroman uit die pen van Christien Neser.

Duinebesies sal aanklank vind by tieners van so 12-18 jaar oud.  Dis ‘n funky storielyn wat jou tone laat ommkrul van lekkerkry en hier en daar sommer hardop laat lag.

Christien kry dit reg om die essensie van tiener-wees op ‘n moderne manier vas te vang.  Duinebesies is beslis ‘n moet vir jou boekrak!

Christien het die boek opgedra aan ‘n baie spesiale jong dame wat na ‘n frats -ongeluk ‘n kwadrupleeg is en in ‘n rolstoel gekluister is, maar wat haar deur NIKS laat onderkry nie.  Almal wat die bekendstelling bywoon het, is deur haar verhaal geïnspireer.

 

Bestel aanlyn by www.galileobooks.co.za of admin@galileobooks.co.za of 012 654 2779

TERUG