Dis ideaal vir 12/13 plus.
Kondensmelk. Ons ontmoet vir Elle op ‘n stowwerige kampterrein
in Botswana. Sy is ‘n bedorwe privaatskoolbrokkie van Johannesburg, dood van verveling met haar ouers se idee van kampeer, en grensloos geirriteerd deur die seuns op die kamp. Vir Elle wat die grootste skok van haar van eksklusiewe skoolbestaan. Haar ouers kondig aan dat hulle vir ‘n jaar Antarktika toe gaan. En sy sal moet agterbly. In ‘n meisieskool. ‘n Gewone staatskool. Met ‘n koshuis. Dis die begin van Elle se avonture in Gravitas, die skool wat eindelik haar hart steel.
Koshuiskoffie. Dis skrikwekkend om in die tweede kwartaal van graad 10 na ‘n nuwe skool te moet gaan. Maar dis die begin van ‘n hele nuwe lewe vir Elle. Een van die grootste aanpassings in ‘n gedeelde kamer. En dit met haar kamermaat, Refilwe Kgabo, die een wat vir niemand stilbly nie en ‘n hart soos ‘n skoolbus het. Dis sy wat vir Elle leer hoe mens koshuisreëls breek sonder om uitgevang te word. Ons volg Elle en Refilwe deur die gange van Gravitas, op die grasperk saam met die seuns oorkant die straat, op die geheime klein helipad, ‘n stoepie waar geheime ontmoetings plaasving. Ons leer die spookstoep ken, die tradisies van wraak en weerwraak tussen die skole. Ons leer die hele klomp eksentrieke onderwysers ken. Heksie, wat net ‘n besem en ‘n kat kort. Mev Bender, die formidabele skoolhoof. En ons leer vir Alex ken, die stil, slim ou wat Elle se hart wen.
Blou Sjokolade. Alex is die ou wat dit regkry om Elle en Refilwe saam te sleep op die Otter; ‘n staptog waarin elkeen iets nuuts van hulself ontdek. Pleks dat Elle saam die skool se orkes op hul toer na Frankryk vertrek, waar sy die dorpie wou gaan soek waar mens blou sjokolade kan koop, is sy in die skoolbus op pad Ooskaap toe. Sy gaan saam met Alex en Refi en ‘n groep tieners wat aan kanker ly, die gevaarlike Otter stap. Maar dis die avontuur van ‘n leeftyd, eem waarin Elle eindelik haar blou sjokolade kry, op die vreemdste manier denkbaar. Avontuur, romanse en hope humor.
Beskikbaar by alle groot boekhandelaars en in E-boek formaat (Lapa uitgewers).
TERUG NA DIE ELLE REEKS