Archive | Elle Reeks

#07 Middernagklub

En eindelik is dit tyd vir die heel laaste middernagfees van die Middernagklub.  Want dis sulke tyd:  Witbaadjietyd.  Die prefekte vir die volgende jaar word binnekort gekies.  En al het Elle en Refi mekaar hand en mond belowe dat hulle 'n veer voel om prefekte te word, het alles verander.  Die nuwe witbaadjies word deur [...]
Continue Reading

#04 Rocksusters

Maak gereed vir nog ’n Elle-avontuur propvol raaisels, romanse en rock! Elle kan nie wag vir die Musikanto-fees wat Oktober in Parys plaasvind nie. Selfs al is dit die Parys aan die Vaalrivier en nie die een aan die Seine nie. Maar eers moet die orkes geld insamel om in ’n ordentlike hotel te gaan [...]
Continue Reading

#05 Duinebesies

Skedelkus. Die naam alleen is genoeg om Elle hoendervleis te gee.  Sy kan nie glo sy moet die Desembervakansie saam met haar oom Eddie en sy navorsingspan Namibië toe gaan terwyl hulle goggas vang nie.  Haar en Refi se planne om ’n wit Kersfees in Frankryk te beleef, is iets van die verlede.  As sy [...]
Continue Reading

#03 Blou sjokolade

In Blou sjokolade vind Elle tot haar skok uit dat die orkestoer Frankryk toe, waarna sy so lank reeds uitsien, afgestel is. Dit beteken sy gaan waarskynlik die hele vakansie alleen by die huis sit en kyk hoe die grasperk doodryp, want haar ma en pa is op 'n navorsingsending na Antarktika. Maar dan kry [...]
Continue Reading

#02 Koshuiskoffie

Gravitas.  Die naam alleen klink al klaar vir Elle soos 'n doodsvonnis. Want terwyl haar ouers 'n jaar lank oorsee werk, moet sy na 'n ander skool toe gaan.  'n Meisieskool.  'n Superstreng meisieskool.  En dit beteken natuurlik: Geen ouens nie. 'n Koshuis. Superhipermegagross.  Sakke vol grys skoolklere.  'n Spul lelike beddegoed vir 'n vreemde koshuiskamer. [...]
Continue Reading

#01 Kondensmelk

Superhipermega-aaklig.  Dis hoe Elle voel oor die vakansie wat voorlê.  En daar is 'n paar baie goeie redes waarom sy so voel: Beskaafde mense hou nie vakansie in 'n tent in die diepste bosse van Botswana nie. Sy mis haar twee beste vriende, Estelle en Chanelle, en die winkels en partytjies in die stad. Zero [...]
Continue Reading