Biografie: 
Skrywersnaam: Christien Neser
Volle naam: Lilian Christien Neser, gebore Brink
Gebore 22 November 1956 in Pretoria.
Laerskool: Willem Postma Laerskool, Bloemfontein en later Lynnwood Laerskool, Pretoria.
Hoërskool : Die hoërskool Menlopark.
Universiteit: Universiteit van Pretoria, UNISA, RAU/UJ. Université Catholique d’Angers.
Kwalifikasies: BA(Log) Pret. BA Hons (Fr) UNISA. MA (Toegepaste Linguistiek en Vertaling) RAU
Beroep: Spraakterapeut (geregistreer by die HPCSA en SASLHA).
Getroud met Thys Neser, ‘n sakeman van Sandton
Kinders: Louise, Michael en Chris (getroud met Hanneri)– almal gegradueer en in die professionele wêreld. Chris en Hanneri is ouers van ons kleindogter, Liv en kleinseun, Matthys.
Belangstellings: Lees, skryf van allerlei tekste. Ek leer steeds Duits, Frans en Portugees. Ons hondekinders is my hart se punt, ook fietsry (tandem met my man), inheemse plante en tuinmaak, blokkiesraaisels en sudoko, vriendinne en familie oor die aardbol versprei.
Vakansies: Plasie naby Heroldsbaai of 4×4 Afrika-reise met vriende. Hopelik weer eendag oorsee. Frankryk, Italië, Portugal en die Skandinawiese lande op die lysie.
Ek woon en werk in Bryanston, Johannesburg. Skryfwerk het eers laat in my lewe gebeur, nadat ek ‘n skryfskool van die ATKV bygewoon het in 2007. Buiten skryfwerk, bied ek gereeld opleiding vir onderwysers aan rakende lees en die inklusiewe klas. Kinders met struikelblokke tot leer is ‘n hartsaak.
Werke tot dusver gepubliseer:
2009 – Kondensmelk (LAPA)
2010- Koshuiskoffie (LAPA)
2011- Blou Sjokolade (LAPA)
2011- Sweef (bydrae tot kortverhaalbundel) LAPA
2012– Verlief (bydrae tot kortverhaalbundel) LAPA
2012 – Rocksusters (LAPA)
2013 – Amper Einstein (nb/Tafelberg)
2013- Duinebesies LAPA
2014- Franse Vlegsel LAPA
2015- Middernagklub LAPA
2016 – Pienk Bikini LAPA
2017 – Strikdans LAPA
2017- Bydrae tot Die perfekte brander (bundel kortverhale) LAPA
2018- Pienk is nie vir Sissies nie (nb)
2018 – Die Vloekwoord (Bydrae tot Iemand wat verdrink) Lapa.
2019 – Droomkans LAPA
2021 – Vreesloos LAPA (die elfde en laaste Elle-boek)
2020 – Absoluut Einstein (NB/Tafelberg)
2020- HELP! My kind is anders LAPA
2020 – HELP! My child is Atypical LAPA
2021- Ngonyama en ander verhale (bydrae van kortverhaal) Best Books
2021 – Mieke, boek 1. Kersfees in April. (NB)
Talle kortverhale in Rapport en Huisgenoot.