Omnibus 4: Droomkans, Vreesloos, Roekeloos.

Die laaste omnibus is ook geskik vir lesers 13 en ouer.

Droomkans. Matriekmeisies sal veral aanklank vind, want soveel van die temas wat ‘n graad 12 se lewe oorheers, is deel van die laaste drie boeke. In Droomkans is dit die groot opbou na die matriekdans. Daar is die drama en drome rondom die perfekte rok vir die geleentheid, iets wat vir meeste meisies belangriker as hul naderende eindeksamen raak. Dis dan wanneer Elle ‘n verstekeling in die tassekamer ontdek. Een van  hul matriekmaats woon skelm in die tassekamer en leef van die oorskiet van die eetsaal. Hierdie meisie se nood laat Elle besluit: basta met die belaglike klomp geld wat op rokke uitgegee word. Sy gaan van van die Droomdans ‘n Droomkans maak! En so begin ‘n heel nuwe matriekprojek. Gravitas se matrieks sit voet neer: hierdie keer gaan ‘n droom groter as ‘n duur rok die tema wees. Maar dan gebeur daar ‘n ongeluk. En almal onthou die dans om die ergste rede denkbaar. Maar selfs die ongeluk kan ‘n droom nie kelder nie. Lees maar self.

Vreesloos. Wat ons bring by Vreesloos, die matriekvakansieboek. Want as die laaste vraestel verby is, gaan almal op ‘n spesiale vakansie, of hoe? Maar hoe gaan hou jy vakansie as een van jou beste vriendinne nog in ‘n rolstoel is nà die aaklige insident tydens die matriekdans? Jy wag vir Jamie Kennedy, Leya se fabelagtige stiefma om jou te verras met ‘n vaart op ‘n drywende hotel. Die flambojante vrou maak hul laaste vakansie onvergeetlik. En wat is ‘n bootvaart sonder ‘n vinnige wegloop na ‘n verlate eiland? Dis die matriekvakansie waaroor Elle net kon droom! Want wie kom met ‘n boot op die eiland aan?  Mmmm. Lekker word net lekkerder.

Roekeloos.  Maar in Roekeloos kom Elle kliphard aarde toe. Sy is nog bruingebrand van die eilandvakansie, toe iemand haar matriekuitslae gesaboteer. Terwyl haar maats se foto’s in elke koerant pryk, moet sy droëbek toekyk. Wat mevrou Bender weer soos ‘n towerfee laat ingryp en Elle ‘n allerlaaste opdrag in belang van Gravitas gee. Voor sy haar oë uitvee, is sy en Refilwe saam met die nuwe graad agts op pad na hul inlywingskamp. Meer nog, sy gaan as chaperone saam vir ‘n blinde meisie uit België, wie se droom dit is om onafhanklik te bly so lank sy kan. Daar gaan ook twee veiligheidsmanne van van die ambassade saam, iets wat die storie ‘n nuwe kinkel gee. Wat lesers gaan laat wonder: sal Elle van Alex vergeet? En wat gaan Elle maak as die hardkoppige nuwe meisie haar gidshond toesluit om self oor die rivier te probeer swem? Sal dit Alex wees wat die kastaiings uit die vuur krap, of gaan die twee bonkige veiligheidsmanne eerste op die toneel wees? En wie gaan wegstap met Elle se hart? En gaan die misterie van haar verlore vraestel opgelos word? Lekker lees!

 

KOOP AANLYN

Beskikbaar by alle groot boekhandelaars en in E-boek formaat (Lapa uitgewers).

TERUG NA DIE ELLE REEKS