Omnibus 2: Rocksusters, Duinebesies, Franse Vlegsel

Vir lesers 13 plus.

Rocksusters. In die tweede omnibus sluit ons saam met Elle eers by die skool se simfonie orkes aan, en dan by ‘n rockband, met die naam Rocksusters! Dis ook die storie van die vreemde nuwe meisie in die skool, wat swart toonnaels het en in die donker rondloop. Wat is haar geheim? En wat maak sy snags op die spookstoep met haar snaakse tassie? Lekker storie.

Duinebesies In hierdie boek volg ons Elle al die pad na die Skedelkus van Nambië.. Sy en Refilwe vertrek met haar eksentrieke oom op ‘n entomologie toer, die soektog na duinebesies. En tussen die duine het hulle die een naelbytoomblik op die ander. Hulle vind uit dat tweebeenjakkalse die gevaarlikste dier in die Namib is. En die ridder op die wit perd ry toe sy pa se ou Landcruiser.

Franse Vlegsel En asof die duine nie genoeg was nie, sleep Elle en Refi ons saam Frankryk toe, waar Refilwe se pa ambassadeur is. En Elle kry haar droom: om vir haar gunsteling komponis by sy graf te gaan viool speel. Maar net daar in Montmartre, steel ‘n vinnige straatdief Elle se foon en geld, en los haar net met ‘n viool in ‘n vreemde stad. Sal daar hierdie keer weer uitkomkans wees? Vir seker. Dis hoe Elle en Refi rol. Altyd op nommer nege-en-negentig ‘n vernuftige plan. En wat sal ‘n storie in Parys wees sonder ‘n ou op ‘n Vespa om Elle se hart soos sjokolade in ‘n warm croissant te laat smelt?

 

KOOP AANLYN

Beskikbaar by alle groot boekhandelaars en in E-boek formaat (Lapa uitgewers).

TERUG NA DIE ELLE REEKS