Hier volg n heerlike leserresensie deur blogskrywer “Juggling act of life”: If one good thing came out of my inactivity after my little accident, it is the reading. I have read more books in the last 3 weeks than what I usually read in about 2 months. So I have lots to talk about on […]
Author Archive | Christien Neser
#8 in die Elle reeks is oppad in Januarie 2017!
Die nuwe Elle is oppad. Die agste en dikste een in die reeks verskyn in Januarie, net betyds om jou terug-skool-toe-depro op sy kop te draai. Pienk Bikini. Mmmm. Wat vang Elle en haar vriendinne hierdie keer aan ? Hier is die bestanddele van die storie: Een hoofmeisie, wat nog probeer om haar voete te vind […]
n Man soos Max
“Ek sal terugkom vir ‘n man soos Max,” sê Tilde en spin die slaaiblare droog. “Vir geen ander rede nie. Hierdie pak slaaiblare is ‘n perfekte voorbeeld. Glo klaar gewas. Maar met die oopmaak kry ek ‘n vet groen ruspe daarin. As dít in Londen moes gebeur..!” Sy laat die sin in die lug hang. […]
101 nagte
Hoe lank is 101 nagte? Baie lank. Veral as dit 1979 is, jy in grys Parys sit, hy in sonnige Pretoria en dis dekades voordat selfone ’n werklikheid sou word. Ons was al drie jaar gekys toe hy voor die koshuis in die toegestoomde Renault vir my sê: “Ek gaan met jou trou, maar nie […]
Krisimiskat
Kietekat jou slim katater Katastrofes kom wel later… So begin een van Philip de Vos se versies. ‘n Vrolike eerste lyntjie, met ‘n waarskuwing in die tweede. Miskien moes ek dit ernstiger opgeneem het toe Geelkat se Desembervakansie ‘n kwessie raak. Dit sou die gemmerkat se tiende alleen-Kersfees wees. Want sedert hy as ‘n skreeumaer […]
Wat maak oom Kallie daar?
Ons het ‘n vriend, ‘n baie tawwe ou. Altyd so ‘n driedagbaard, skouers soos ‘n stoeier en ‘n permanente frons. Aantreklik op ‘n ruwe manier: So ‘n getimmerde George Cloony. Ou Kallie. Hy was op sy dag ‘n reccie. Snotkoppe wat nie weet wat ‘n reccie is nie, kan maar enige ou met so bietjie […]
Spelling is belangrik!
Gerda is ‘n terapeut in murg en been. Sy wy haar lewe aan kinders wat sukkel om te spel. Vir vrot spelling by ‘n grootmens het sy glad nie tyd nie. Haar liewe man, Johannes, is ‘n handige ou met ‘n klein ingenieurswerkswinkel by hul huis. Dis fisieke werk en soms het hy ekstra hande […]
‘n Lisensie om te moor
As Rompslomp Raserny ‘n Olimpiese item was, dan het ‘n paar van ons al seker gekwalifiseer vir ‘n eindrondte. Rompslom Raserny? Dis my vertaling vir Red Tape Rage, Admin Angst, Papierwerk Woede. Dis daardie ding wat jou wil laat moor in ‘n wagtende tou, wat ordentlike mense laat vloek. My liewe, geduldige kollega voel sy […]
Engel in n pelsjas
Drie jaar gelede kontak ‘n dokter van MSF my: kan ek ‘n dogtertjie uit die DRK evalueer? Sy is drie jaar oud, maar praat glad nie. Hulle gaan haar en haar gesin van Kinshasha na Johannesburg vlieg en soek na ‘n Franssprekende spraakterapeut se dienste. My verskoning dat my Frans vér van perfek is, tel glad […]
“Engeld it poeilik!”
Uit die mond van die suigeling leer ons die taal van die liefde is universeel. Praat ek mense-, engletale, maar het nie die liefde nie Is my woorde hol simbole, klanke sonder melodie. Ek is mal oor hierdie liedjie! Dit laat my altyd aan Tim dink, ’n dowe seuntjie met wie ek ’n lang pad gestap […]