#06 Franse vlegsel

Franse Vlegsel is beslis nie net ‘n haarstyl nie! In hierdie boek leer die graad 11’s hoe om hul hare in pikante Franse chignons te dra.  En die skool word op sy kop gedraai met die besoek van twee uitruilstudente uit Belgie.  Die tweeling wat Afrikaans kom leer, Maxime en Amelie, is toe nie tweelingsussies nie.  Nee, Maxime is ‘n seun, een met stoute groen oe en ‘n sin vir avontuur.  Sal Elle se hart dit hou?  Alex is baie, baie ver weg op ‘n seilboot saam met die avonturier Mike Horn.  En dan is sy hoeka besig om haar visum aansoek in te dien om saam met Refilwe in Parys te gaan kuier.  Hier beland die kamermaats in die soort moeilikheid waarteen Refi haar gewaarsku het:  Die Paryse se sakkerollers is ligjare vinniger as ons eie!  As sy om geld moet bedel met haar viool, in die middel van Montmartre, gebeur die wonderwerk…!

Dis die lekkerlees opvolg van Duinebesies en die ander boeke in die reeks.

KOOP AANLYN

Beskikbaar by alle groot boekhandelaars en in E-boek formaat (Lapa uitgewers).

TERUG NA DIE ELLE REEKS