Leserterugvoer

  • “Tannie, ek het sopas binne ‘n rekordtyd van 4 ure ‘Middernagklub’ verslind. As ek dit nou self moet sê en vir Elle aanhaal: Dié boek was hipersupermega awesome!!!  Ek moes ‘n pynlike eksamen verduur met die wete dat my nuwe boek op my wag.  Vandag het ek gereis saam Elle deur die bladsy heen en ek wil net hartlik dankie sê vir die voorreg om tannie se boeke te lees.  Ek en my vriendinne verslind elke boek en koop dit sommer dadelik as ons ‘n nuwe een sien.  Dankie dat tannie ons so vermaak en tannie se talente deel, moet asseblief nooit ophou skryf nie!” – Ilanri Croucamp
  • “Ek het met my geld van my sestiende verjaarsdag die hele reeks gekoop en ek kan nie wag om almal weer van voor af te geniet nie.” – Ilanri Croucamp
  • “Soms is ek hartseer as ek agterkom ek het sopas die laaste bladsy klaar gelees. Die boeke is vreeslik interessant en glad nie voorspelbaar nie.  Dit is asemrowende stories!” – Aronischca Joubert
  • “Die lekkerste Afrikaanse tienerreeks op die mark, na my beskeie mening (veral as dit by boeke vir ouer tienerlesers kom).” – Jaco Jacobs
  • Ek is Simonne Kruger, ek word in April 12 jaar oud. Ek het al die Kondensmelk reeks twee keer gelees en is mal daar oor. Ek sal dit altyd lees, en ek vra vir tannie of tannie nog so boek sal skryf, Groot asseblief. Ek het baie maatjies wat net so mal is oor tannie se Kondensmelk reeks.” – Simonne Kruger
  • Ek is in Laerskool Pretoria Oos, en woon in Rietondale Pretoria. By my skool is Juffrou Wasserman altyd besig om kinders aan te moedig om te lees, sy lees ook tannie se boeke vir ons. Ek en twee van my beste maats het ‘n boekklub begin met tannie se boeke, die Kondensmelk koffie klub. Nie enige iemand kan aansluit nie, hulle moes al die reeks twee keer gelees het.” – Simonne Kruger
  • “Liefste tannie Christien ek is mal oor tannie se boek. Liefde Lumé ♡♡♡”