Hoekom is mense so onseker oor taal? Hoekom nog wonder of jou huistaal die regte taal is om jou baba in groot te maak? En later as skooltaal te kies? My ervaring as terapeut is dat ouers doodbang is dat hulle die kind sal benadeel as hy in enigiets anders as Engels grootgemaak word. Die […]
Author Archive | Christien Neser
Onderhoud met Christien Neser oor nuwe boek “Strikdans”
1. ‘Strikdans’ – die negende boek in die Elle-reeks – het pas verskyn. Wat is vir jou die heel lekkerste deel daarvan om die reeks te skryf? Op ’n manier hou ek met die reeks my eie en my kinders se tienerjare lewend. Mens delf tog maar in jou eie ervarings rond. En op ’n […]
Leserresensie – “Juggling act of life” blogskrywer
Hier volg n heerlike leserresensie deur blogskrywer “Juggling act of life”: If one good thing came out of my inactivity after my little accident, it is the reading. I have read more books in the last 3 weeks than what I usually read in about 2 months. So I have lots to talk about on […]
#8 in die Elle reeks is oppad in Januarie 2017!
Die nuwe Elle is oppad. Die agste en dikste een in die reeks verskyn in Januarie, net betyds om jou terug-skool-toe-depro op sy kop te draai. Pienk Bikini. Mmmm. Wat vang Elle en haar vriendinne hierdie keer aan ? Hier is die bestanddele van die storie: Een hoofmeisie, wat nog probeer om haar voete te vind […]
n Man soos Max
“Ek sal terugkom vir ‘n man soos Max,” sê Tilde en spin die slaaiblare droog. “Vir geen ander rede nie. Hierdie pak slaaiblare is ‘n perfekte voorbeeld. Glo klaar gewas. Maar met die oopmaak kry ek ‘n vet groen ruspe daarin. As dít in Londen moes gebeur..!” Sy laat die sin in die lug hang. […]
101 nagte
Hoe lank is 101 nagte? Baie lank. Veral as dit 1979 is, jy in grys Parys sit, hy in sonnige Pretoria en dis dekades voordat selfone ’n werklikheid sou word. Ons was al drie jaar gekys toe hy voor die koshuis in die toegestoomde Renault vir my sê: “Ek gaan met jou trou, maar nie […]
Krisimiskat
Kietekat jou slim katater Katastrofes kom wel later… So begin een van Philip de Vos se versies. ‘n Vrolike eerste lyntjie, met ‘n waarskuwing in die tweede. Miskien moes ek dit ernstiger opgeneem het toe Geelkat se Desembervakansie ‘n kwessie raak. Dit sou die gemmerkat se tiende alleen-Kersfees wees. Want sedert hy as ‘n skreeumaer […]
Wat maak oom Kallie daar?
Ons het ‘n vriend, ‘n baie tawwe ou. Altyd so ‘n driedagbaard, skouers soos ‘n stoeier en ‘n permanente frons. Aantreklik op ‘n ruwe manier: So ‘n getimmerde George Cloony. Ou Kallie. Hy was op sy dag ‘n reccie. Snotkoppe wat nie weet wat ‘n reccie is nie, kan maar enige ou met so bietjie […]
Spelling is belangrik!
Gerda is ‘n terapeut in murg en been. Sy wy haar lewe aan kinders wat sukkel om te spel. Vir vrot spelling by ‘n grootmens het sy glad nie tyd nie. Haar liewe man, Johannes, is ‘n handige ou met ‘n klein ingenieurswerkswinkel by hul huis. Dis fisieke werk en soms het hy ekstra hande […]
‘n Lisensie om te moor
As Rompslomp Raserny ‘n Olimpiese item was, dan het ‘n paar van ons al seker gekwalifiseer vir ‘n eindrondte. Rompslom Raserny? Dis my vertaling vir Red Tape Rage, Admin Angst, Papierwerk Woede. Dis daardie ding wat jou wil laat moor in ‘n wagtende tou, wat ordentlike mense laat vloek. My liewe, geduldige kollega voel sy […]